Schleiermacher en de Bijbel: de function van het Woord van God in de zogenaamde praktische theologie van F.D.E. Schleiermacher, T. Brienen : boekresensie

2009 
Hierdie boek vorm deel van die reeks Apeldoornse Studies uitgegee deur die Theologische Universiteit Apeldoorn in Nederland. In die reeks verskyn akademiese beredenering, die hooflyne van doktorale navorsing en ander akademiese werk. Die reeks dek die hele spektrum teologiese studie en debat soos dit by die Universiteit beoefen word. Hierdie publikasie bevat verwerkings van gaslesings wat die outeur by die Universiteit gelewer het. Die outeur stel die doel van die publikasie met die volgende vraag : "In hoever is de 'praktische Theologie' bij Schleiermacher bijbels georienteerd?" (p. 7). Ten einde hierdie vraag te beantwoord, ondersoek die outeur die volgende aspekte: Die Bybel in die lewe en vorming van Schleiermacher (deel 2), die funksie van die Bybel in Schleiermacher se publikasies op die terrein van die praktiese teologie (deel 3), en by wyse van ekskursie, die preke van Schleiermacher. Op grond van hierdie ondersoek kom die outeur in deel 4 tot sekere gevolgtrekkings.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []