Die wetenskap se stryd teen onkundeGeloof, bygeloof en ander wensdenkery : perspektiewe op ontdekkings en irrasionaliteite, George Claassen : boekresensie

2008 
Hierdie bundel bevat 'n voorwoord en vier afdelings wat onderskeidelik oor die evolusieteorie, pseudowetenskaplikheid, tyd en wetenskapsbeoefening handel. Die voorwoord verwoord die skrywer se vooronderstellings in ondubbelsinnige terme: 'n onwankelbare geloof in die mag van die wetenskap om die mens se kennis te verbreed en die mens van onkunde, godsdienstige aansprake, geloof in enige vorm van godheid en bygeloof te red. 'n Mens moet Claassen komplimenteer vir die deursigtige wyse waarop hy met sy vooronderstellings omgaan. Claassen stel dat die 21e-eeuse mens deur 'n gebrek aan skeptisisme gekenmerk word; dat die mens eerder wegvlug van die rede as om kennis wat wetenskaplik opgedoen is, in sy denkraamwerk te akkommodeer (p. 24). Min mense besit 'n onsinverklikker, naamlik die vermoe om ongegronde aansprake van wetenskaplike kennis te onderskei, of maak geredelik daarvan gebruik.
    • Correction
    • Source
    • Cite
    • Save
    • Machine Reading By IdeaReader
    0
    References
    0
    Citations
    NaN
    KQI
    []